My Gunsteling Gebede (Sagteband)

    My Gunsteling Gebede (Sagteband)

    Stormie Omartian
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Meer as 100 kragtige gebede vir jou stilwordtye by God.

    Het jy ’n paar gunsteling gebede? Woorde wat jou opbou? Wat jou huweliksmaat, familie en vriende in liefde toe­vou? En daardie noodgebede en dié vir rustige tye by God ...

    Geliefde New York Times-topverkoper-outeur Stormie Omartian skryf al dekades lank gebede en boeke oor gebed. Die eenvoudige, reguit en simpa­tieke toon in haar gebede sal jou eie hartsbegeer­tes eggo. Die meer as 100 pragtige gebede in My gunsteling gebede is ’n versameling van Stormie se persoonlike gunstelinge uit verskeie van haar topverkoper-boeke. Dit bevat gebede vir jou eie daaglikse behoeftes, gebede vir jou man en kin­ders, lofgebede en gebede om jouself te ver­beter.

    Stormie sal jou inspireer om tyd deur te bring saam met die Een wat daarna hunker om elk­een van sy kinders se gunsteling gebedswoorde te hoor. Dié sakpas-gebede­boek is die ideale geskenk.

    Oor die outeur

    Stormie Omartian is ’n topverkoper-outeur en daar is al meer as 35 miljoen van haar boeke ver­koop. Dit sluit The Power of a Praying®-trefferreeks in, waaronder The Power of a Praying® Life, The Power of a Praying® Wife en The Power of a Praying® Husband. Stormie en haar man, Michael, is al vir meer as 40 jaar getroud en het 2 volwasse kinders en kleinkinders. www.stormieomartian.com