My Eie Klein Gebede-Boek (Hardeband)

    My Eie Klein Gebede-Boek (Hardeband)

    Dave Strehler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R130.00

    R110.00

    Dave Strehler help kinders tussen 6 en 10 jaar ontdek hoe wonderlik dit is om te bid en jou lewe met God te deel.

    In My eie klein gebede-boek leer topverkoper-outeur Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar alles van gebed. Die verskillende afdelings in hierdie gebedeboekie met pragtige waterverf-illustrasies kyk na verskillende tipe gebede en hoe om te bid.

    Kinders leer hoe om God te loof en aanbid, te vra wat hulle nodig het, dankie te sê vir wat Hy vir hulle gedoen het en om deur die loop van die dag oor alles en nog wat met Hom te praat – alles deur gebed. Elke afdeling sluit in ’n kort gebed om te bid, ’n sleutel-teksvers en ’n toepassing om te bekragtig wat die kind geleer het.

    Ook beskikbaar in Engels onder titel My Own Little Prayer Book.

    Oor die Outeur

    Dave Strehler is al vir langer as 25 jaar betrokke by kinderbediening en is tans be­trokke by die Eastside Community Church in Pre­toria. Hy is passievol daar­oor om kin­ders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy bedryf ʼn gewilde webwerf vir kinderbediening (www.truthforkids.com) en skryf kurriku­lummateriaal vir kinders.