My Eie Klein Belofte-Bybel (Hardeband)

    My Eie Klein Belofte-Bybel (Hardeband)

    Dave Strehler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R155.00

    R132.00

    Dave Strehler help kinders tussen 6 en 10 jaar om God se wonderlike beloftes te ontdek en te verstaan dat Hy altyd sy woord hou.

     

    In My eie klein belofte-Bybel leer Dave Strehler kinders tussen 6 en 10 jaar alles wat hulle moet weet oor God se wonderlike beloftes aan hulle. Hierdie boek met sy pragtige waterverf-illustrasies en beloftes uit die Skrif sal ouers en kinders se harte aangryp.

    Kinders sal in My eie klein belofte-Bybel God se wonderlike beloftes van beskerming, seën, sorg, leiding en liefde vir hulle ontdek en leer verstaan. Hulle sal ook meer lees oor sommige van die bekendste beloftes oor Jesus wat waar geword het en sien dat God altyd sy woord hou.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder titel My Own Little Promise Bible.

     

    Oor die Outeur

    Dave Strehler is al vir langer as 25 jaar betrokke by kinderbediening en is tans be­trokke by die Eastside Community Church in Pre­toria. Hy is passievol daar­oor om kin­ders en jongmense te help om die Bybel te verstaan en hulle te leer om dit te geniet om Bybel te lees. Hy bedryf ʼn gewilde webwerf vir kinderbediening (www.truthforkids.com) en skryf kurriku­lummateriaal vir kinders.