My Eie Bybel-Tekenboek (Met Bordkryt)(Kartonboekie)

    My Eie Bybel-Tekenboek (Met Bordkryt)(Kartonboekie)

    Melanie Mitchell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.96

    Nou kan kinders God se wonderlike wêreld teken en inkleur.

     

    My eie Bybel-tekenboek is ’n prettige manier om jong kinders aan bekende Bybelstories bekend te stel wat hulle geloof sal help vorm. Hierdie praktiese benadering tot Bybelstories van die Nuwe Testament sal die kleingoed vir ure vermaak terwyl die boodskap van elke storie op ’n interaktiewe manier met hulle gedeel word.

    Die stories word op ’n eenvoudige manier vertel sodat baie jong kinders dit maklik kan verstaan, en word afgerond met kleurvolle illustrasies. Elke storie sluit ook stippellyn-prentjies in op bladsye met ’n swartbord-afwerking sodat kinders dit kan nateken met die bordkryt wat verskaf word. Dit sal hulle help om die stories beter te onthou. Dan is daar ook plek om nog prentjies te teken en een woord uit die storie neer te skryf. Daar word vier verskillende kleure bordkryt ingesluit wat maklik skoongevee kan word sodat die boekie oor en oor gebruik kan word.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Bible Chalkboard Book (With Chalk).