My Allerbeste Vir Sy Hoogste Standaard (Sagteband)

    My Allerbeste Vir Sy Hoogste Standaard (Sagteband)

    Oswald Chambers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R159.95

    Available Formats

    ’n Uitsonderlike klassieke Christelike boek met ryk geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe.

    Hierdie uitsonderlike klassieke Christelike boek met sy geestelike insigte en lewensveranderende perspektiewe, wat reeds aangepas is vir ’n nuwe genera­sie, kry nou ’n splinternuwe baadjie.

    Hierdie uitgawe van My allerbeste vir Sy hoogste is maklik lees­­baar en verstaan­baar. Tog het nie een enkele waar­heid ver­ander se­dert die oorspronklike uit­gawe nie. Die hoop is dat hier­die besondere boek ook in hierdie generasie – en in die toekoms – groot byval sal vind.

    Hierdie eietydse weergawe van Oswald Cham­bers se klassieke boek is ’n vreugde om te lees en oor na te dink. ’n Nuwe generasie Christene wat hulle ge­loof ernstig opneem, het nou toegang tot die waarhede waaraan Oswald Chambers ons bekendstel. Nie­mand kan gereeld uit hierdie boek lees sonder om ’n beter dienaar van Christus te word nie.

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel My Utmost for His Highest

    Oor die outeur

    Oswald Chambers is op 24 Julie 1874 in Skotland gebore. Hy is op 44-jarige ouderdom oorlede. Met sy dood was daar maar drie boeke van hom gepubliseer. Sy invloed het dekades na sy dood eers gekom toe sy weduwee sy gesproke woorde in 30 gepubliseerde werke saamgevat het. Vandag word sy werke steeds gedruk en versprei deur die Oswald Chambers Publications Association.