5 Minuut Dagstukkies Vir Meisies (Hardeband)

    5 Minuut Dagstukkies Vir Meisies (Hardeband)

    Laura L Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R180.00

    Hierdie dagstukkieboek, gemik op meisies tussen agt en twaalf, sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom.

    Maak die meeste van elke oomblik saam met God met 5-minuut-dagstukkies vir meisies. Hierdie dagstukkieboek – gemik op meisies tussen die ouderdomme van agt en twaalf – sal besige meisies help om rustig te word en nader aan God te kom.

    Die 180 kort maar kragtige dagstukkies is ideaal vir elke dag se stiltetyd en word vergesel deur ’n toepaslike Skrifgedeelte wat tot jong meisies sal spreek. Die temas fokus op die hoogtepunte en swaarkry van die moeilike pre-tienerfase: vriendskap, groepsdruk, boelies, kêrels en selfvertroue – terwyl dit hulle leer hoe om hul geloof elke dag uit te leef.

     Met sy kleurryke omslag en pragtige binneblaaie is hierdie boek die perfekte geskenk vir verjaardae, Kersfees of enige spesiale geleentheid.

     

    Oor die Skrywer

    Laura L. Smith se oorspronklike 5 Minute Devions for Girls spreek tot meisies van dwarsoor die wêreld. Laura, self ’n ma van vier kinders, is ook ’n gewilde spreker en blogger. Sy fokus op boeke vir jong meisies en kinders. Sy en haar man woon in Oxford, Ohio. Haar gunstelinge is reis, sjokolade, koffie en musiek!