Stilword By God 'n Bybelstudie (Sagteband)

    Stilword By God 'n Bybelstudie (Sagteband)

    Lizette Murray
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.94

    Word in 24 studies geïnspireer om ’n dieper lewe van geestelike vervulling en oorvloedige seën te ervaar.

     

    Ons lewe is soos ’n huis met baie vensters, en net soos ons deur die vensters kan uitkyk na buite, kan mense deur die vensters in ons lewens inkyk. Dit is die beeld wat Lizette Murray gebruik in Stilword by God – ’n Bybelstudie. In hierdie Bybelstudie fokus sy op vier vensters wat verskillende aspekte van ’n mens se lewe verteenwoordig:

    1. Die venster op rus – rus, troos en bemoediging by God

    2. Die venster op vrug en vrede – dienswerk

    3. Die venster op leef en liefhê – naasteliefde

    4. Die venster na die straatkant – waar ons lewe ons verhouding met God weerspieël

    Hierdie Bybelstudie bied in elkeen van die 24 studies vrae waaroor jy kan nadink of met ander bespreek om die beginsels in die boek ’n werklikheid in jou daaglikse lewe te maak. Dit sal jou ook lei tot geestelike groei en insig in jou eie psige.

    Stilword by God – ’n Bybelstudie sal jou inspireer om elke dag meer Christus-gelykvormig te leef en ’n dieper lewe van geestelike vervulling en oorvloedige seën te ervaar.

     

    Oor die outeur

    Lizette Murray het in Stellenbosch en die Paarl grootgeword. As onderwyseres en ma van vyf seuns ken sy die hart van ’n kind. Sy is die medeskrywer van ’n bekroonde kinderboek. Ná die dood van haar middelseun begin sy die rubriek “Henri stap aan” in Lééf – met hart & siel. In 2008 word hierdie rubrieke as boek uitgegee. Lizette is tans ’n vryskut-skrywer vir Lééf – met hart & siel en behartig ’n paar rubrieke in dié tydskrif, onder andere “My hart se punt”, wat deur CUM-uitgewers as bundel uitgegee is. Haar huwelik met George, ’n bedryfsingenieur, is vir Lizette ’n veilige hawe – en steeds ’n avontuur. Besoek www.lizettemurray.co.za.