Genade In Gebrokenheid - 'N Bybelstudie (Sagteband)

    Genade In Gebrokenheid - 'N Bybelstudie (Sagteband)

    Ann Voskamp
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R79.95

    Dit is moontlik om ’n oorvloedige lewe te leef, selfs in gebrokenheid. 

    Met die 6 studies in Genade in gebrokenheid – ’n Bybelstudie neem New York Times-topverkoper outeur Ann Voskamp lesers op ’n persoonlike lewensreis van gebrokenheid. Sy help lesers om in te sien dat dit moontlik is om ’n betekenisvolle lewe te leef en egte verhoudings te hê ten spyte van gebrokenheid. Sy help lesers ook om te besef dat ’n mens ten spyte van alles wat verkeerd loop ’n hegter en intiemer verhouding met God kan hê en ’n ware oorvloedige lewe ervaar.

    In Genade in gebrokenheid – ’n Bybelstudie kyk Ann na die volgende vrae wat niemand durf ignoreer nie:

    • Hoe leef jy jou een gebroke lewe?
    • Wat beteken dit om kruisvormig te leef en te leer om te ontvang?
    • Wat moet jy doen as jy werklik volkome heelheid wil ervaar voordat dit te laat is?

    Die Skriflesings, groepbesprekings, riglyne vir gebed en individuele studies tussen sessies maak hierdie Bybelstudie ideaal vir Bybelstudiegroepe en individue.