Die Name Van God (Sagteband)

    Die Name Van God (Sagteband)

    Ann Spangler
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    Die Name van God is ’n unieke 52 week-Bybelstudie wat fokus op die Name en titels van God en Jesus. Dié studie sal jou help om die Here in ’n nuwe en dieper manier te ervaar. Deur die verskille in Name soos Adonai, El Shaddai, Abba, Jesus, Lam van God en Prins van Vrede te ondersoek, sal jy ’n God ontmoet wat volkome heilig, kragtig, genadig en liefdevol is.

    Elke week se studie bevat:

    • ·         Agtergrond-inligting om jou te help om die spesifieke Naam te verstaan.
    • ·         ’n Kerngedeelte uit die Bybel waarin die Naam die eerste keer of die betekenisvolste gebruik word.
    • ·         Besprekingsvrae vir individue of kleingroepe.
    • ·         ’n Lys Bybelgedeeltes vir verdere nadenke.

    Die Name van God is gebaseer op Praying the Names of God en Praying the Names of Jesus, en bevat addisionele vrae vir nadenke en verdere studie. In hierdie Bybelstudie sal individue of kleingroepe die belangrikste van God se Name en titels verken soos dit in die Bybel geopenbaar word. Daar is ook ’n handige gids wat help met die uitspraak van die Name van God in antieke Hebreeus en Koine Grieks.