Met 'N Lied In Die Hart (Hardeband)

    Met 'N Lied In Die Hart (Hardeband)

    Marietjie Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R249.95

    R211.99

    366 verrykende oordenkings wat jou inspireer om elke dag met ’n lied in die hart vir God te leef.

     

    Vroue is unieke skepsels. Die meeste vroue is so besig met werk en hulle gesin, en dan moet hulle boonop ook versorger, vertrooster, bemoediger, skeidsregter, rasieleier en vertroueling wees. Dit is dus maklik om moeg en uitgeput te word en jou lewensvreugde te verloor.

    In Met ’n lied in die hart wys Marietjie Joubert jou op die één ding wat jy elke dag broodnodig het om ware vrede en lewensvreugde te ervaar: Tyd by Jesus se voete. As jy by sy voete sit, sal Hy jou siel verkwik en jou las verlig; Hy sal vir jou nuwe hoop en inspirasie gee. Jy sal nuwe energie kry om elke dag met ’n lied in jou hart sy hande en voete in die wêreld te wees, om sy omgee-hart uit te leef en ewige seëninge ontvang.

    Die 366 verrykende oordenkings sal jou herinner aan die drie-enige God in wie jy jou elke dag kan verbly.

     

    Oor die outeur

    Marietjie Joubert is 'n hoërskoolonder­wyseres in Kempton Park. Sy skryf op gereelde basis vir eKerk.  Sy is getroud met Stephan. Hulle het  twee dogters, Tarien en Elani.