Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)

    Met My God Spring Ek Oor 'N Muur (Sagteband)

    Christa Van Rooyen
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.00

    Jesus het aan die kruis gestref sodat jy genesing kan kry. Hier is jou kans om die “HOE” deel daarvan uit te vind

    “Met my God spring ek oor ‘n muur” is ’n woordgebaseerde handleiding tot genesing. Dit word aanbeveel vir die wat riglyne en geestelike sleutels soek vir die pad na genesing. Daar is al baie geskryf oor genesing, maar min boeke help jou om dit prakties vir jouself te kry deur wat Jesus vir ons aan die kruis bewerkstellig het.

         Jesus is vir ons ‘n voorbeeld van lewe. Sy leringe hier op aarde was daarop gefokus om mense vry te maak van geestelike en ligaamlike bindings soos siekte, verslawings en selfs die dood. Nie net het die skrywer en haar gesin 12 genesingswonderwerke van lewensbedreigende siektes ontvang nie, hulle het in die tyd waarheid geleer oor baie fasette van die lewe en menswees. Dit is die waarheid soos die wat mens vrymaak.

         Jy sal hierin lees hoe belangrik korrekte lewenskeuses en gehoorsaamheid tot God is vir jou vir ’n gesonde liggaam, siel en gees. Met die hulp van Jesus en onder leiding van Heilige Gees kan jy die kennis hierin gebruik om ook genesing in jou gesin te ervaar.

         God kan en wil jou graag genees. Moenie dat dit wat die medici oor jou gespreek het of wat godsdiens en tradisie jou geleer het, jou weerhou van jou eie genesingswonderwerk nie. Daar is antwoorde van God ons Skepper vir elkeen wat hierdie boek lees.

         Christa van Rooyen deel hierin die waarhede en wyshede wat sy op haar pad van genesing geleer het. Mag dit vir jou die Bybel ontsluit sodat jy dit in jou eie lewe kan toepas.

    Oor die Outeur

    Christa van Rooyen en haar gesin is woonagtig in Klerksdorp, Noordwes provinsie, Suid-Afrika. Nooit het sy gedink of gedroom om ‘n boek te skryf nie, maar het na ’n duidelike woord van Vader daaroor vroeg een wintersoggend die taak aangepak. Hierdie boek, geskryf onder die leiding van Heilige Gees sal vir jou deurbrake tot genesing bring!