Matteus, Volg My! (Sagteband)

    Matteus, Volg My! (Sagteband)

    Herman Breytenbach
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R120.00

    R96.00

    Matteus was ʼn sterk persoon wat geglo het aan onafhanklikheid en om te vat waarop hy geregtig gevoel het. Maar op ʼn dag kom Jesus deur sy tolhek, kyk hom stip in die oë, en sê: “Volg My!” Van daardie oomblik het sy lewe verander, eers stadig en skepties, maar uiteindelik met oorweldigende oortuiging.

         In hierdie merkwaardige verhaal van Matteus, omskep en verlewendig Herman Breytenbach hierdie geliefde Bybelverhaal in iets waarmee oud en jonk kan assosieer. Met die wisselwerking tussen Jesus, Matteus, die ander dissipels en die mense wie se lewens Jesus so diep en persoonlik geraak het, is hierdie verhaal nuut en volledig gemaak. Dit sal jou aan die hart gryp.

         Matteus is nie ʼn stowwerige man van ouds nie, maar ʼn werklike vlees-en-bloed persoon waarmee almal kan identifiseer. Net soos ons, gaan hy al die ervaringe in die lewe deur, en kom op die ou end tot die gevolg daar is net een waarheid – om Jesus te volg.