Maria Die Onbevreesde (5 Stamboom Van Genade-Reeks)(Sagteband)

    Maria Die Onbevreesde (5 Stamboom Van Genade-Reeks)(Sagteband)

    Francine Rivers
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R69.95

    R55.96

    Die verhaal van Maria wat haar reputasie op die spel geplaas het om God se wil te gehoorsaam.

     

    Daar word vyf vroue in Jesus se geslagsregister ge­noem. Oosterse vroue wat in antieke tye geleef het, en tog kan ons hulle verhale toepas op ons eie lewe en die moeilike kwessies waarvoor ons te staan kom. Hierdie vroue was nie perfek nie, maar God het hulle steeds in sy oneindige genade gebruik in sy perfekte plan om die Christus in die lewe te bring; die Verlosser van die wê­reld. Die laaste van die vroue wat in die geslagsregister genoem word, is Maria.

    Maria was ’n vrou van gehoorsaamheid. Haar re­putasie was op die spel, maar sy het steeds gekies om die wil van God te gehoorsaam. Toe God praat, het Maria eenvoudig in gehoorsaamheid gereageer. Hierdie nederige meisie sou die langverwagte Mes­sias in die wêreld bring. Sy het nie geweet die groot­maak van ’n perfekte seun sal haar hart breek en haar wêreld vir altyd verander nie.

    Die wêreld het al ’n ewigheid lank gewag vir hier­die oomblik.

     

    Oor die outeur

     

    Francine Rivers skryf al vir meer as 30 jaar. Van 1976 tot 1985 het sy vir die sekulêre mark geskryf en verskeie toekennings ontvang. Nadat sy in 1986 tot bekering gekom het, het sy haar eerste Christelike boek geskryf. Sedertdien het sy al verskeie toe­ken­nings ontvang, onder andere ’n ECPA Gold Medallion en die voortreflike Romance Writers of America Rita Award.