Man Van God (Sagteband)

    Man Van God (Sagteband)

    Bennie Mostert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R149.99

    Praktiese riglyne vir die Christenman wat God se doel vir sy lewe wil uitleef, en werklik ’n verskil in hierdie wêreld wil maak.

    Daar word baie en maklik gepraat oor alles wat verkeerd is in ons samelewing. Die oplossings kom egter nie so maklik nie, en antwoorde soos “kom ons leef positief en maak die beste van ’n slegte saak” is net nie genoeg om werklik ’n verskil te maak nie.

    In Man van God fokus bekende skrywer Bennie Mostert spesifiek op die moderne Christenman, en die verantwoordelikheid wat mans moet opneem om by te dra tot die herstel van die geestelike dimensie van ons samelewing.

    In drie afdelings word daar gefokus op:

    ·         Die eienskappe van ’n ware man van God

    ·         Hoe ’n man van God teenoor sy kinders moet optree

    ·         Riglyne waarvolgens die man van God in gebed kan intree vir sy vrou, kinders en die werk­plek.

    God wil Christenmanne gebruik om die wêreld te verander. Man van God bevat waardevolle riglyne wat hulle sal help om werklik te leef soos die Vader dit bedoel het.

    Oor die Outeur

    Bennie Mostert het sy doktorsgraad in teologie aan die Universiteit van Pretoria behaal. Sy eerste gemeente was in Usakos in Namibië. In 1993 het hy en sy vrou, Anita, na Pretoria verhuis om te help werk aan die vestiging van ’n nasionale gebedsnetwerk wat tans bekendstaan as Jerigo Mure Internasionale Gebedsnetwerk. Bennie is ook internasionaal by verskeie gebedsinisiatiewe betrokke. Hy het ’n aantal boeke oor gebed geskryf, maar ook ander onderwerpe. Hy woon tans in Pretoria en spits hom toe op die ontwikkeling van gebedsmateriaal en die bevordering van gebed op verskeie vlakke.