Man Tot Man (Sagteband)

    Man Tot Man (Sagteband)

    John Eldredge & Sam Eldredge
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R54.95

    Ons wil selfversorgend wees. Ons eie rigting vind in die navolg van ons drome. Ons weet alles en wil nooit vir raad
    vra nie. Is dit nie hoe meeste ouens man-wees benader nie? Op ons eie, terwyl ons voorgee dat ons beter doen as
    wat die werklikheid is? Maar vroeër of later raak die opwinding van onafhanklikheid verlore in ’n waas van
    afsondering.
    Dit is tyd om die druk te verminder. Dit was nooit bedoel dat ons die lewe op ons eie moet aanpak nie.
    Die kern van Man tot Man is ’n opregte gesprek tussen ’n verwarde jong man en ’n ouer man wat wysheid en insig
    gee oor die tydlose kwessies op die pad na volwassenheid. Die sentrale tema is geskoei op die Masai-tradisie waar
    ’n seun eers beskou word as ’n man sodra hy sy eerste leeu doodgemaak het.
    Man tot Man is meer as vaderlike wysheid. Dit is ’n uitnodiging na ’n reis: om òf die seun te wees wat vaderlike
    wysheid ontvang, òf die vader wat leer wat om te sê.
    Maar die belangrikste is, hierdie gesprekke spreek tot ’n soekende generasie: ‘Jy is nie alleen nie. Alles hang nie van
    jou af nie. Jy sál jou pad vind.’
    VERKOOPSPUNTE

    •  Wêreldbekende topverkoperskrywer wat al meer as vyftien boeke gepubliseer het.
    • Die styl van die boek is in gesprekvorm – ’n dialoog tussen ’n pa en ’n seun
    • Wysheid en insig oor die tydlose kwessies van ’n jong man se reis na man-wees