Mamma Het 'n Breek Nodig (Sagteband)

    Mamma Het 'n Breek Nodig (Sagteband)

    Susan Coetzer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R120.00

    R96.00

    Hoe kry jy dit reg om jouself te herlaai en net asem te skep as alles wat moontlik verkeerd kan loop op een slag gebeur?

    Ousus het met ʼn dik mond uit die bed geklim, die melk is net genoeg vir een koppie koffie, en daar is nog drie ander wat ook moet kry! By die werk laat weet boetie sy taak lê nog by die huis en hy het dit nou nodig of dis ʼn nul vir gisteraand se laat werk. En boonop verstaan jou kollega by die werk nie dat jy eintlik baie besig is nie.

    As jy al sulke dae beleef het, weet jy dat daar nie sommer iets is wat dit kan omkeer nie. Die probleme raak net groter en jou irritasievlakke skiet deur die dak. Later byt jy almal se koppe af en selfs die hond loop wye draaie om jou. Dan is dit tyd dat jy Susan Coetzer se nuwe boek, Mamma het ʼn breek nodig, vir jou koop.

    Sy sal jou op haar humoristiese manier vertel dat sy ook sulke dae beleef en hoe jy dit beter kan maak. Of dit nou is met ʼn lekker stappie om die blok of om terug te grom vir die probleme. Susan se boek sal jou dag beter maak.

    Oor die Outeur

    Die media en publiek sê graag sy is ’n vrou van vele talente en fasette – bekroonde aktrise, skilder, skrywer, joernalis, inspirerende spreker, kok en sakevrou.

    Sy is 'n Suid-Afrikaanse aktrise, skilder, skrywer en joernalis. Sy is die mede-eienaar van Die Blou Hond Teater-Restaurant in Linden. Haar debuutroman, Oros vir die Siel, is in Augustus 2007 deur Carpe Diem Boeke uitgegee.

    In 1988 trou sy met die Suid-Afrikaanse sanger en akteur Frank Opperman, maar hulle skei weer in 1992. Hulle het een seun Frankie.

    Coetser trou op 28 Mei 1999 met die akteur en sanger Philip Moolman.