Maak 'n Kopskuif (Sagteband)

    Maak 'n Kopskuif (Sagteband)

    Caroline Leaf
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R229.95

    Ontdek hoe jou denke jou gesondheid, geluk en geestelike lewe kan beïnvloed.

     

    Wat jy dink, beïnvloed jou liggaamlike en emosionele ge­sond­heid!

    Met ondersteuning van onlangse wetenskaplike en medie­se navorsing gee dr. Caroline Leaf in Maak ’n kopskuif vir ons ’n Bybelsgebaseerde voorskrif wat ons sal help om gesonder te leef deur ons denk­patrone te verander. Sy wys hoe ’n kopskuif ons in staat sal stel om gelukkiger, gesonder en meer vreug­devolle lewens te lei, ons doelwitte te bereik, ons lewe onder beheer te kry en selfs ons intelligensie te ver­hoog.

    Elke hoofstuk word afge­rond met die kernpunte in die hoofstuk vir maklike naslaan en terugskouing as­ook diagramme en illustrasies. Ver­der bied hierdie boek ook ’n praktiese 21-dag-brein­detoksplan wat jou lei om giftige gedagtes met geson­des te vervang.

    Maak ’n kopskuif is bedoel vir almal wat nie meer ’n slagoffer van hulle gedagtes wil wees nie, maar hulle brein se volle potensiaal wil benut.

     

    Oor die outeur

     

    Dr. Caroline Leaf het haar opleiding ontvang in Kommunikasiepatologie by die Universiteit van Kaapstad. Sy het ook ʼn Meestersgraad en ʼn PhD in Kommunikasiepatologie verwerf by die Universiteit van Pretoria. Dr. Leaf doen navorsing oor die menslike brein en fokus veral daarop om die brein se potensiaal te ontsluit. Sy woon tans in die VSA saam met haar man, Mac. Hulle het vier kinders.