Ma-Wees Met Selfvertroue (Sagteband)

    Ma-Wees Met Selfvertroue (Sagteband)

    Joyce Meyer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R69.95

    Afrigter, aanmoediger, vertroueling, kok, taxibestuurder – ’n ma se ‘posbeskrywing’
    is so wyd soos die oseaan. Dalk is dit waarom soveel ma’s onseker en huiwerig
    is in hul pogings om hul kinders na die beste van hul vermoë groot te maak.
    Ma-wees met selfvertroue is vir elke ma wat voel sy is nie goed genoeg nie en
    wens haar kinders het met ’n handleiding gekom. Joyce Meyer verseker jou dat jy
    nie alleen is nie – God is by jou en Hy wil jou help om die uitdagings wat jou elke
    dag in die gesig staar met vertroue aan te pak.
    Joyce Meyer gee waardevolle riglyne om jou te help om jou gesin met God se
    krag en wysheid te lei in ’n wêreld vol uitdagings en verandering. Deur inspirerende
    verhale, Bybelse beginsels en waardevolle lesse uit háár lewe kan jy hernude
    selfvertroue en vreugde in ma-wees ervaar. Van die onderwerpe wat sy
    aanspreek sluit in:
    • Volmaakte vroue hoef nie aansoek te doen nie
    • God kan dit hanteer
    • Ontspan ’n slag … en glo
    • Geen vrees hier nie
    • Fokus op die positiewe
    • Hou dit eenvoudig
    • Waag dit om nie te vergelyk nie
    • Geniet die reis
    Dit maak nie saak hoe oud jy is, watter grootte rok jy dra, hoeveel kinders jy het
    of wat jou omstandighede is nie, jy kan die vreugdevolle, selfversekerde ma word
    wat God jou geskep het om te wees.