Luidkeels (CD)

    Luidkeels (CD)

    Retief Burger
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R99.96
    God is soewerein. Hy is die Alfa, die Omega, die Begin en die Einde en Hy is in beheer. Deur al die eeue heen en in elke generasie het Hy sy kerk, sy bruid in stand gehou en dit is ook so in hierdie generasie. God is besig om wereldwyd en ook in Suid-Afrika 'n generasie op te rig wat net lewe vir een doel: God se eer. 'n Generasie wat geen kerk-, rasse- of kultuurgrense ken nie, maar met integriteit, passie en liefde wil sien hoe sy koninkryk in hulle tyd kom. Dit is 'n generasie met nuwe boodskappe, nuwe stemme van hoop en lewe vir die kerk, vir die wereld en vir elke mens wat nog iewers verlore ronddwaal op soek na die sin van alles.

    LUIDKEELS is een van hierdie stemme. Lewendig opgeneem tydens 'n spesiale geleentheid van Kruispunt, 'n Studentebediening op die PUK kampus, die 8ste Mei 2005, gebore uit 'n soeke om die kerk van Christus weer te sien as bron van lewe en hoop in 'n bittere donker wereld wat smag na egtheid en verhouding met die enigste lewende God. Dit is die soeke van 'n generasie wat wil en doen wat hulle se en leef wat hulle glo. Mense wat die kruis se kreet LUIDKEELS laat verrys...