Loop En Val (Sagteband)

    Loop En Val (Sagteband)

    Gerjo Ben Van Der Merwe
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R195.00

    Lees Romeine, Galasiërs, Korintiërs en Efesiërs in ‘n jaar deur met die Bybeldagboek van 366 dagstukke wat ekstra verwysings en ‘n opdrag insluit.

    Ons almal se lewens word gekenmerk deur val en opstaan. Jy loop ewe lekker en sonder dat jy dit verwag, gee die lewe jou ’n dwarsklap dat jy dáár lê. Dan kom die moeilike deel – die opstaan. Soms voel dit asof jy liewer wil bly lê, maar jy móét die resies voltooi.

         Daar is storms in elkeen se lewe: Tye wanneer jou huwelik se pilare wankel, wanneer die cash flow druk, wanneer jou verhoudings van die pad af beur, wanneer jou gesondheid sukkel, wanneer alles om jou net eenvoudig te veel word. Dan moet jy aan die een draadjie vasklou: Jesus is nog steeds in beheer.

         Almal van ons sleep ’n swaar stuk bagasie saam. Die sonde wat sy lêplek in ons lewe kom maak het, het die vreugde en die lag kom steel. Dis egter nie Sy idee vir ons nie. Glo dat God daardie verkeerde keuses en jou sondes sal vergewe en Hy sál jou vryspreek.

    Oor die Outeur

    GERJO BEN VAN DER MERWE word ’n stofstraat-predikant genoem: iemand wat saam met die gewone mense op straat deur die lewe loop. Gerjo Ben en sy gesin is voltyds betrokke by die Kruispad-internetbediening.

        Hy het eerstehands ervaar dat die lewe nie altyd loop soos beplan

    word nie. Soms staan jy met ’n klomp vraagtekens in die hand. Hy probeer die vraagtekens omdraai in uitroeptekens deur die Woord in vandag se taal vir mense oop te breek.