Lig-en-loer-Bybelstories (Kartonboekie)

    Lig-en-loer-Bybelstories (Kartonboekie)

    Michael Berghof
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    ’n Interaktiewe Bybelstorieboek met 13 stories en 32 lig-en-loer-deurtjies wat kinders sal geniet.

     

    Ontdek allerhande verrassings in hierdie prettige boekie met lig-en-loer-deurtjies vir klein handjies van nuuskierige agies.

    Lig-en-loer-Bybelstories is die ideale boek om kleintjies aan die tydlose stories van die Ou en Nuwe Testament bekend te stel. Met die 32 lig-en-loer-deurtjies wat hulle moet oopmaak, sal hierdie interaktiewe boek kinders vir ure besig hou terwyl hulle meer leer oor 13 van die gewildste Bybel­stories. Elke storie het ’n Skrifverwysing sodat jy die storie maklik kan naslaan.

    Lig-en-loer-Bybelstories is ʼn prettige, inter­aktiewe boek met kleurvolle illustrasies en maklik-om-te-lees Bybelstories ideaal vir kinders tussen 3 en 6 jaar.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die title Lift-the-Flap Bible Stories.

     

    Oor die outeur en illustreerder

     

    Michael Berghof is die uitgewer van Copenhagen Publishing. Hy gradueer in 2003 as teoloog aan die Kopenhagen-universiteit en werk sedertdien in die internasionale Christelike uitgewersbedryf spesifiek met kinderprodukte. Hy is die redakteur van meer as 25 internasionaal gepubliseerde kinderboeke. Hy en sy gesin woon in Kopenhagen, Denemarke.

     

    Gill Guile is ʼn bekende outeur en illustreerder van kinderboeke. Sy het al meer as 500 kinderboeke geïllustreer en ongeveer 50 boeke geskryf. Haar boeke is al in 24 tale vertaal. Sommige van die boeke wat Gill geïllustreer het, is Jack and the Beanstalk, Heidi, Snow White and the Seven Dwarfs en Sleeping Beauty. Sy het haar honneursgraad in Grafika van Birmingham College of Art verwerf. Gill woon in Leeds, Engeland.