Liefde Weeg Die Swaarste (Sagteband)

    Liefde Weeg Die Swaarste (Sagteband)

    Helena Hugo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R169.95

    R59.95

    Sal Isa betyds tot haar sinne kom of gaan sy Johann Steyl se mooi praatjies glo en haar rug op die kerk en Adam draai?

    Isa Karsten is baie verlief op die jong predikant Adam Wiese wat haar gevra het om met hom te trou. Sy glo dat sy hom liefhet en haar gevoel vir Johann Steyl, die vorige groot liefde in haar lewe, verwerk het. Isa sukkel met vertrouensprobleme en begin twyfel aan Adam.

    Isa besef dat haar geloofslewe heeltemal te kort skiet en dat haar gebede net by skietgebedjies bly. Mettertyd begin sy twyfel of sy die regte huweliksmaat vir Adam is – ʼn twyfel wat versterk word as sy haar verbeel dat mense haar bespreek.

    Sy ondergaan ʼn uiterlike metamorfose. Haar voorkoms raak vir haar al hoe belangriker en sy gaan vir ʼn vetafsuiging, wat sy eers vir haar kollegas by die kerkkantoor probeer wegsteek, maar tot haar verbasing vind sy hulle baie ondersteunend. Isa raak teen wil en dank betrokke by die kerkbedrywighede. Sy leer langsamerhand, hoewel sy baie geloofsvrae het en worstel met God en Sy Woord.

    Dan begin Johann Steyl weer by haar aanlê en sy verkul amper vir Adam wat vasgevang is in die gesinsprobleme in sy gemeente.

    Oor die Outeur

    Helena Hugo is ʼn gewilde romanskrywer en het al verskeie fiksietitels die lig laat sien waaronder Dit gebeur met ander, Die pad na Weerbegin, Die kleur van verlange en Want die liefde maak lig. Sy is ʼn bekende naam in die uitsaaiwese en talle van haar radiodramas is al uitgesaai. Sy was ook al ʼn aktrise, dramadosent en uitgewer. Sy is getroud met die akteur en oud-televisieregisseur, Henk Hugo. Hulle woon in Roodepoort.