Liefde Maak Heel (Sagteband)

    Liefde Maak Heel (Sagteband)

    Helena Hugo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    Sal Isabelle in die laaste boek in die Isa-trilogie leer om God se geskenk na waarde te ag en bevryding vind?

    In Liefde maak heel, die laaste aflewering van Helena Hugo se trilogie oor Isa, leer Isa dat sy net bevry

    kan word as sy God se geskenk vir die mensdom na waarde ag en verstaan wat in sy Vaderhart gebeur

    toe Hy besluit het om sy Seun vir haar sondes te gee. Die begrip “vergifnis” word in die

    Bybelstudieklas uitgepluis, maar dis moeilik om dit in die werklike lewe toe te pas. Isa word deur haar

    verlede beheer en sy kom nie sover om vrede te maak nie.

         Kos was haar pynstiller en vandat sy dit nie meer het nie, gryp sy na ander verdowingsmiddels:

    koopgiere, haar ou skoolmaats wat haar vrygewigheid uitbuit, casino’s, kunsuitstallings,

    teatervertonings, haar nuwe status as suksesvolle kunstenaar en selfs liefdadigheidswerk.

    Eers het sy geëet om haar diepste seer te verwerk – die stukkende verhouding tussen haar en haar

    ma, die verwerping deur haar skoolmaats – nou “leef” sy. Maar in die proses lei sy ’n dubbele lewe en

    jok sy vir Adam.

         Wat gaan Isa met haar diepste seer doen? Gaan sy dit bly wegsteek agter haar ‘pynstillers’? Gaan sy die moeilike proses om jare lange verwerping verwerk, deurstaan. Sal sy kan leer om te vertrou dat

    ander haar nou aanvaar – ook al onthou hulle hoe sy eers was? Hoe lank gaan sy aanhou om

    bevestiging vir haar nuwe status in die samelewing te soek sonder om te besef dat sy soms in die

    proses uitgebuit en mislei word? Is daar iets soos Goddelike ingryping, ook in die lewe van twyfelaars?

     

    OOR DIE OUTEUR

     

    Helena Hugo is ’n gewilde romanskrywer en het al verskeie fiksietitels die lig laat sien waaronder die Dit gebeur met ander, Die pad na Weerbegin, Die kleur van verlange en die Isa-reeks, wat Want die liefde maak lig en Liefde weeg die swaarste insluit. Sy is ’n bekende naam in die uitsaaiwese en talle van haar

    radiodramas is al uitgesaai. Sy het ook al verskeie pryse vir haar werk ontvang. Sy was ook al ’n aktrise, dramadosent en uitgewer. Sy is getroud met die akteur en oud-televisieregisseur en akteur, Henk Hugo. Hulle woon in Roodepoort.