Liefde En Respek (Sagteband)

    Liefde En Respek (Sagteband)

    Emerson Eggerichs
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    ’n Huweliksboek wat vir paartjies wys hoe om konflik vinnig, maklik en op ’n Bybelse wyse op te los.

     Die geheim van suksesvolle kommunikasie tussen eg­­ge­note lê hierin: onvoorwaardelike respek vir hom is net so belangrik as onvoorwaardelike liefde vir haar. Dis ’n huweliksgeheim wat elke paartjie be­geer, maar wat net enkeles ooit vind.

     In Liefde en respek gee dr. Emerson Eggerichs baanbrekersriglyne wat paartjies sal help om ’n nu­we begin te maak. Die revolusionêre boodskap is vir al­mal: dié wat gelukkig getroud is, eensaam is of wat ’n huwelikskrisis beleef. Dit is vir verloofde paar­tjies, slagoffers van buite-egtelike verhoudings en huwe­liksberaders wat inligting soek wat ’n huwelik kan red. Met die gebruik van hierdie baanbrekers­teg­nie­ke in Liefde en respek kan paartjies nuwe vlakke van intimiteit beleef.

     Oor die outeur

    Dr. Emerson Eggerichs is die president van Love and Respect Ministries. Hy het ’n meestersgraad verwerf in geestelike sake van die Dubuque Semi­nary en het ’n Ph.D. in kinder- en familielewe aan die Michigan State University. Hy was die senior leraar van East Lansing se florerende Trinity Church voordat hy hom vol­tyds toegewy het aan die bou van gesonde huwelike deur die Love and Respect Conferences in 1999 te loods. Emerson en sy vrou, Sarah, bly in Grand Rapids, Michigan, en het drie volwasse kinders.