Liefde en Respek In Die Gesin (Sagteband)

    Liefde en Respek In Die Gesin (Sagteband)

    Emerson Eggerichs
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R49.95

    R39.96

    Kinders het liefde nodig. Ouers het respek nodig. Dit is so eenvoudig en soms tog so moeilik!
    Kinders wat voel hul ouers het hulle nie lief nie, tree sonder respek op. Ouers wat nie gerespekteer word nie, reageer dikwels op maniere wat hul kinders ongeliefd laat voel. En dit lei onvermydelik tot die ‘gesinskonflik-kringloop’.
    In Liefde en respek in die gesin bied die bekende dr. Emmerson Eggerichs praktiese riglyne om hierdie bose kringloop in die gesin te verbreek en ’n gesonde gesinsdinamiek te vestig.
    Liefde en respek in die gesin bevat ook insette van dr. Eggerichs se vrou en hul drie volwasse kinders waar hulle eerlik gesels oor die positiewe sowel as die negatiewe aspekte van hul gesinslewe. In hierdie boek sal jy leer om:

    liefde en respek as basiese gesinsbehoeftes te beskou
    die konflik-kringloop te verbreek
    ses Bybelse beginsels toe te pas om jou kinders te bemagtig
    uittartende gedrag aan te spreek en kinderagtige gedrag oor te sien
    volwassenheid aan die dag te lê
    as ’n span te werk en
    ’n liefdevolle ouer in God se oë te wees, ongeag jou kind se reaksie.

    Gesonde, lewe-gewende gesinsverhoudings is moontlik! Met behulp van die Bybelse riglyne wat dr. Eggerichs uiteensit, kan jy die konflik in jou gesin ontlont, jou kinders motiveer om gehoorsaam te wees en jou gesin lei soos wat die Bybel ons leer.