Lief Vir Liezl (Sagteband)

    Lief Vir Liezl (Sagteband)

    Liezl Klemm
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 3 weeks
    R110.00

    ’n Storie wat elke meisie en vrou moet lees, maar nie saak hoe oud jy is nie.

     

    Liezl Klemm se dagboek het al haar geheime bewaar. Of so het sy gedink. Eers heelwat later in haar lewe het sy besef dat niks op aarde bedek is nie. En dis goed so. Dis beter as die Lig daarop skyn. Want dan kan jy die slaggate raaksien.

         Haar reis opsoek na liefde het as kind begin. Onskuldig en opreg. Maar iewers tussen die storm en drang van grootword, het sy goed verdwaal. In die donker wêreld van drank, dwelms en te veel mans, het sy haar kop hard gestamp. Soms twee, drie keer op dieselfde plek...

         Tot daardie dag langs die snelweg, toe sy die “verkeerde” afdraaipad vat. Dit was haar kans om te ontsnap. Die vraag is net, sou sy dit vat?

         Op ʼn reguit, eerlike manier vertel Liezl Klemm hoe verkeerde keuses haar verniel het. Maar dat God se liefde genoeg was om haar weer heel te maak.

         As jy Hom toelaat, herstel God jou waarde sodat jy meer werd word as wat jy tevore was.