Leierskap En Emosionele Intelligensie (Sagteband)

    Leierskap En Emosionele Intelligensie (Sagteband)

    Marcus Warner & Jim Wilder
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R179.95

    R143.96

    Watter rol speel emosionele intelligensie in gesonde en effektiewe leierskap?

     

    ’n Gesonde span begin by ’n gesonde leier, en die kern van hierdie dinamika is emosionele volwassenheid – die eien­skap waaroor alle werklike groot leiers beskik.

    Leierskap en emosionele intelligensie kombineer Bybelse beginsels, die nuutste navorsing oor die brein en dekades se praktiese ondervinding om jou te wys hoe om jou leierskap en span na die volgende vlak te neem. Dit sal jou toerus om:

    ·       emosionele volwassenheid in jouself en ander te kweek

    ·       die vier gewoontes van besonderse leiers te ontwikkel

    ·       ’n sterk groepsidentiteit te vestig en uit te bou

    ·       verhoudings belangriker as probleme te hou

    ·       produktiwiteit te verhoog deur vertroue, vreugde en betrokkenheid

    Aan die einde van elke hoofstuk is daar ’n afdeling wat die wetenskap van die brein bespreek, asook besprekings­vrae, en in sommige hoofstukke oefeninge om die buiten­gewone gewoontes in te oefen. En agter in die boek is ʼn woordelys.

    As jy jou organisasie na die volgende vlak wil neem, moet jy weet dit begin by jou. Leierskap en emosionele intelligensie sal jou toerus om vreugdevolle, emo­sioneel volwasse en verhou­dingsgedre­we spanne te lei.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Rare Leadership.

     

    Oor die outeurs

    Marcus Warner is die voorsitter van Deeper Walk Interna­tional. Hy was leraar en professor, en het boeke oor ver­skeie onderwerpe geskryf, waaronder hoe om die Bybel te bestudeer, geestelike oorlogvoering, emosionele genesing en leierskap. Marcus het ook al opleidingsgeleenthede gefasiliteer vir organisasies soos The Navigators, Willow Creek Prison Ministry en Moody Church.

     

    Jim Wilder is al meer as 27 jaar wêreldwyd besig met die opleiding van leiers en raadgewers. Hy het al nege boeke geskryf wat fokus op volwassenheid en verhoudings­vaardighede vir leiers. Hy was mede-outeur vir Living from the Heart Jesus Gave You, waarvan meer as 100 000 eksemplare in 11 tale verkoop is. Hy is tans die uitvoe­rende direkteur van Shepherd’s House Inc. en is die stigter van Life Model Works.