Leeg (Sagteband)

    Leeg (Sagteband)

    Du Toit & Ander
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R170.00

    Miskrame en stilgeboortes is ‘n hartverskeurende werklikheid – een wat dikwels misken word. Leeg – God se troos na swangerskapverlies of miskraam is ‘n praktiese gids, saamgestel deur dr. Marlena du Toit, ds. Braam Klopper en past. Justine Pike. Dié boek is vir ma’s wat ná ‘n miskraam of stilgeboorte worstel met vrae soos: Waarom, Here? Het ek iets verkeerd gedoen?

         In Deel 1 deel Du Toit, 'n ginekoloog, die mediese feite rondom miskrame en stilgeboortes. Pike, 'n pastoor, deel in Deel 2 haar eie verhaal aan die hand van die vraag: Is daar lewe ná ‘n miskraam? In Deel 3 gee Klopper, 'n pastorale berader, leiding oor die rouproses, geloofsvrae en jou beeld van God ná so ‘n verlies. In Deel 4 deel drie vroue hul getuienisse – stories van geloof en hoop te midde van die seer.

         Leeg is vir elke vrou wat magteloos voel teen hierdie verlies. Die pad van rou en aanvaarding is geensins maklik nie, maar die kernboodskap van dié boek is eenvoudig: Te midde van dit alles ís daar hoop.

     

    OOR DIE OUTEURS

     

    Braam is 'n gemeenteleraar by die NG Gemeente Kempton Park Oos vir die afgelope 30 jaar. Hy is ook 'n pastorale terapeut wat spesialiseer in rouberading en alles wat te make het met die rouproses. Braam is 'n aanbieder op Radio Kansel en tree gereeld op as spesialis op ander radiostasies en op televisie.

     

    Marlena du Toit is ’n ginekoloog en verloskundige in privaatpraktyk in Bellville Kaapstad. Sy het ’n passie vir vrouegesondheid en is mal oor kinders. Sy is die mede-outeur van Bid vir jou ongebore baba.

     

    Justine Pike is al ses jaar mede-leier en hoof van die Kinkerkerk by Die Bron-gemeente in Bellville, asook bestuurder en uitgewer van Pike Music. Na die verlies van een van hulle kinders het sy uit haar gebrokenheid ander families begin bedien wat dieselfde hartseer beleef deur haar getuienes te deel op radio en televisie.