Leefstyl-Bybel (1983) Vir Vroue (Hardeband)

    Leefstyl-Bybel (1983) Vir Vroue (Hardeband)

    Bybel
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R650.00

    Die nuwe Leefstyl-Bybel vir vroue deur kundige skrywers het bykomende inligting naas die 1983-Bybelteks én aantekeninge spesiaal gefokus op vroue.

    Die Leefstyl-Bybel vir vroue is 'n eerste in Afrikaans.

     Die teks van die 1983-Bybelvertaling word toegelig, spesiaal vir vroue, met insiggewende kommentaar oor Bybelse gebruike, gebeure, uitsprake en voorskrifte. Die kommentaar is onder meer geskryf deur bekende en vooraanstaande Suid-Afrikaanse vroueteoloë vir vroue wat eg en stylvol gelowig wil leef – en vir mans wat belangstel wat die Bybel regtig oor vroue sê.

         Ekstra inligting sluit in:

    • Wonder jy ook oor ...?-indeks van 345 Lewensvrae van vroue
    • Lys van 66 Bybelboeke met temas en inleidings
    • Alfabetiese lys van Bybelboeke
    • Medewerkers en adviespaneel
    • Aantekeninge binne die Bybelteks
    • Verklarende woordelys vir die 1983-Vertaling
    • Kitsnaslaangids – ’n tematiese indeks met gepaste Bybelstekste vir nagenoeg elke lewensituasie
    • Bibliografie van geraadpleegde werke
    • Indeks van Agtergronde, Geloofswaarhede, Mini-Bybelstudies, Mites oor vroue, Vroueportrette

    Oor die Skrywer

    Dr. Barend Vos is ’n bekende Christenskrywer en predikant. Hy is bekroon met ’n ATKV-veertjie vir een van sy LiG-stories. Hy het al verskeie boeke uitgegee: van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy wen in 2001 die CBSA-prys vir fiksie vir Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.