Leef Uitnemend (Sagteband)

    Leef Uitnemend (Sagteband)

    John C Maxwell
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.94

    R99.96

    Ons almal het ʼn begeerte om iets betekenisvols te doen of te bereik.

    In sy splinternuwe boek, Leef uitnemend, help die topverkoperskrywer en een van die wêreld se invloedrykste leierskapskenners, Dr John C. Maxwell, jou om die eerste treë te gee na ʼn lewe wat regtig saak maak en doelgerig is.

    Ons almal wil ʼn bydrae lewer tot iets groter as onsself. Ons wil deel wees van iets edel en ʼn groter doel hê. Maar ongelukkig sien baie mense hierdie droom of begeerte as iets wat onbereikbaar is. Hulle dink dit is bo hul vermoë om dit te bereik. Hulle dink hulle moet met ʼn ongelooflike idee vorendag kom, ʼn sekere ouderdom wees, baie geld hê of beroemd of invloedryk wees om ʼn werklike verskil te kan maak.

    Maar, die goeie nuus wat Maxwell met jou in Leef uitnemend deel, is dat nie een van hierdie goed nodig is vir jou om iets betekenisvol te doen en ʼn nalatenskap na te laat nie.

    Die enigste ding wat jy nodig het om iets met betekenis te bereik, is om doelgerig te wees. En al wat jy moet doen om dít te bereik, is om te begin. Geen mens kan invloed uitoefen terwyl jy stilsit en niks doen nie. Elke groot prestasie wat nog ooit behaal is, het begin met iemand wat ʼn eerste tree gegee het.

    Dis nie altyd ewe maklik nie, maar ongeag dit, móét jy dit doen as jy iets wil bereik in die lewe.

    In Leef uitnemend help Maxwell jou om daardie eerste tree te gee – en die ander wat daarop volg – op jou persoonlike pad na ʼn betekenisvolle lewe.

    Oor die Outeur

    John C. Maxwell is 'n internasionaal erkende leierskapskenner, spreker, lewensafrigter en outeur wat al meer as 19 miljoen boeke verkoop het. Dr Maxwell is die stigter van EQUIP en die John Maxwell Company, twee organisasies wat al meer as 5 miljoen leiers wêreldwyd opgelei het. Elke jaar praat hy met Fortune 500 maatskappye, internasionale regeringsleiers en organisasies so uiteenlopend soos die Verenigde State se Militêre Akademie by West Point, die Nasionale Voetballiga en die Verenigde Nasies. As 'n New York Times, Wall Street Journal, en Business Week topverkopende outeur het Maxwell al drie boeke geskryf wat elk meer as 'n miljoen kopieë verkoop het: The 21 Irrefutable Laws of Leadership, Developing the Leader Within You, en The 21 Indispensable Qualities of a Leader.