Leef Uit Jou Doop (Sagteband)

    Leef Uit Jou Doop (Sagteband)

    Adrio Konig
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R119.96

    'n Totaal ander benadering tot die doop as die vorige eeu se getwis daaroor.

    Die doop is 'n onderwerp wat dikwels gemengde reaksie ontlok. Leef uit jou doop deur Adrio König wys dat die doop een van die rykste boodskappe in die Bybel het en dat gelowiges die doop en die betekenis daarvan afskeep. Leef uit jou doop wys vir jou dat die doop direk in verband staan met:

    • God se gesag oor ons lewe
    • ons vereniging met Christus
    • ons deelname aan die heil
    • ons opname in die gemeenskap van God se kinders
    • die vergifnis van ons sonde
    • die Gees in ons lewe

    König fokus in hierdie hersiene uitgawe, met 'n spesiale hoofstuk vir huwelikspaartjies, onder meer op die betekenis van die doop, die verbande van die doop, die doopviering en die bekeringsdoop.

    Oor die skrywer

    Adrio König se grootste belangstelling is die Bybel self. Hy was 40 jaar betrokke by Unisa en het die voorreg gehad om met teoloë uit baie ander kerke saam te werk. Dit het in hom 'n ruimheid geskep vir ander se oortuigings. Adrio is getroud met Hermien. Hulle het drie kinders en vier kleinkinders. En almal dien die Here.