Leef 'n Geesvervulde Lewe (Sagteband)

    Leef 'n Geesvervulde Lewe (Sagteband)

    Dirkie Van Der Spuy
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R89.95

    R71.96

    30 oordenkings oor die plek en werking van die Heilige Gees in elke gelowige se lewe.

     

    Gelowiges is soms onseker oor die werking van die Heilige Gees in hulle lewe. Hulle voel dat hulle die Vader ken, en die Verlosser, maar nie die Heilige Gees nie. As gelowiges wat in die Pinksterbedeling leef, hang ons geestelike volwassenheid af van ons vervulling met die Heilige Gees. Ons moet die derde Persoon in die Drie-eenheid leer ken en Hom voortdurend nooi om aan die stuur van ons lewe te staan sodat ons uiteindelik die lewe kan leef wat God wil hê ons moet.

    Dit is waarmee die 30 oordenkings in Leef ’n Gees­vervulde lewe elke leser veral sal help: om die Heilige Gees te leer ken en Hom in jou lewe in te nooi, sodat jy waarlik Geesvervuld kan leef.

    Dirkie van der Spuy sal jou help om die lewegewende waarheid oor die Heilige Gees jou eie te maak.

     

    Oor die outeur

    Dirkie van der Spuy is die gemeenteleier van die NG Kerk Moreleta­park in Pretoria. Hy glo dat God deur die werking van die Hei­lige Gees steeds won­ders doen en mense se lewens verander. Hy het reeds verskeie boeke die lig laat sien en is getroud met Esther.