Leef Jou Roeping (Sagteband)

    Leef Jou Roeping (Sagteband)

    Jean Keys
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R129.95

    Baie mense voel dat hulle van hul drome beroof is, en ontdek dat hulle bloot van dag tot dag voortbestaan en nie regtig voluit leef nie. Dalk is jy een van hulle. Wat die rede ook al is waarom jy ophou droom het, hierdie boek sal jou in staat stel om weer in voeling te kom met jou diepste begeertes en jou help om jou lewensdroom te laat herleef.Leef jou roeping is ʼn praktiese gids om jou te neem van onvergenoegdheid met waar jy jou tans bevind tot daar waar jy weer met opwinding en passie jou dag aanpak.

         Dit bevat:

         • ’n Afdeling om jou te help om struikelblokke op die pad na jou lewensdoel te oorkom

         • ’n Afdeling om jou gevolgtrekkings in te vul oor jou talente, belangstellings en passies

         • ’n Praktiese afdeling om jou drome te ontdek en werklikheid te laat word

         • ’n Afdeling om jou te help om doelwitte te stel en jou roeping te begin leef• Spasie om jou gedagtes en drome neer te skryf, doelwitte te stel, en aan te teken wanneer jy dit voltooi het of wanneer jou gebede beantwoord is

         • Vele bemoedigende aanhalings, ware verhale en voorbeelde

     

    OOR DIE OUTEUR

     

    Jean Keys is 'n motiveringspreker, pastor en lewensafrigter met 'n passie om mense te help om hul volle potensiaal te bereik. Sy het aan Rhema Bybelkollege sowel as Irene Teologiese Kollege gestudeer en is al vir 25 jaar lank in die bediening. Jean help mense om hul passie en lewensdoel te ontdek met haar werkswinkels en individuele berading. Sy help ook jongmense met hul keuses van studierigting en beroep deur middel van ’n aanlyn-hulpmiddel wat as Career Direct bekendstaan.Jean het die voorreg gehad om ’n jaar lank vir die Ican Maxwell-stigting te werk waar sy haar ‘Master Coach’-sertifikasie ontvang het. As ’n vrou, ma en ouma is Jean se lewensmotto om altyd jou gesin eerste te stel.