Leef In Oorwinning (Sagteband)

    Leef In Oorwinning (Sagteband)

    Raphael Brown
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R69.95

    R55.96

    DIE ANTWOORD

    Is daar dinge in jou lewe wat jou seën steel?

         Is jy dalk een van die baie slagoffers van 'n onverbreekte vloek?  Talle Christene worstel vandag met die dinge soos armoede en probleme waarmee hulle net nie raad het nie.  Hulle lewens is vol hartseer en hulle wonder desperaat waarom hulle nie oorwinning kan behaal oor versoekings, liggaamlike en emosionele probleme en 'n magdom van ander katastrofes nie.  Gewoonlik weet hulle nie eens dat hulle probleme die gevolge is van 'n onverbreekte vloek op hulle eie lewe of 'n vloek wat nog steeds vir almal in die familie geld nie.

         SOMMIGE OORSAKE

    ·         Haat en jaloesie

    ·         Oortreding op die satan se terrein

    ·         Die hantering van onrein dinge

    ·         Oorgeërfde vloeke

    ·         Verbreking van beloftes aan God

         DIE OPLOSSING

         Die Bybel sê uitdruklik vir elke gelowige om vloek raak te sien, en te vermy en leer ons ook hoe om hulle te breek.  EN tog is daar talle Christene wat nog nooit hierdie Skrifgedeeltes gelees het nie, of eenvoudig nie daarvan onthou nie.  Die gevolg is dat hulle onder die juk van onverbreekte vloeke gebuk gaan.  Hierdie boek sal jou aan die hand van die Skrif wys hoe om elke soort vloek te herken, te voorkom en ook te breek as jy wel die slagoffer van so 'n vloek geword het.