God Sorg Vir Jou (Sagteband)

    God Sorg Vir Jou (Sagteband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R129.95

    R99.94

    Die immergewilde Nina Smit se dagstukkies bring daagliks inspirasie, insig en hoop aan duisende lesers.

         'n Splinternuwe, pragtige sak-pas, saamdra-boekie deur Nina Smit, God sorg vir jou, sal gelowiges opnuut inspireer en opbou.

         Die sagteband dagstukkieboek bevat 120 van Nina se gewildste dagstukkies uit haar boek, Leef in God se liefde. Elk van die 120 dagstukkies het ook ʼn volledige Skrifgedeelte by, wat hierdie boekie die ideale pasmaat vir persoonlike stiltetyd maak.

         Die temas wat behandel word, sluit in:

         • Op pad met Hosea

         • Om op die water te loop

         • Leer God loof met lofpsalms

         • Die doel van lyding

         Dit is ook die ideale geskenk vir 'n spesiale vriendin of suster hierdie Kersfees. Of koop dit vir jouself om die lente met nuwe inspirasie en 'n nuwe bewustheid van God se liefde tegemoet te gaan.

    Oor die Outeur

    Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Beloftes vir Ma’s, Genade vir vandag, Omvou my met u liefde, Here – grootdruk, Leef in sy lig en Leef as oorwinnaar. Sy is getroud met Johan Smit. Hulle is die ouers van drie volwasse kinders en woon in Somerset-Wes.