Leef As Oorwinnaar (Sagteband)

    Leef As Oorwinnaar (Sagteband)

    Nina Smit
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R79.95

    R63.96

    Min Christene besef werklik dat hulle elke dag in ’n stryd met die Bose verkeer. Daardie stryd is reeds deur Jesus gewen, daarom behoort ons die vyand se strategie te herken en ontslae te raak van die vestings wat hy in ons lewens probeer oprig.

         Leef as ʼn oorwinnaar is spesiaal geskryf om Christene toe te rus vir hierdie taak. Dit beskryf: hoe die oorlogsituasie waarin gelowiges verkeer, daar uitsien; hoe die vyand lyk waarmee ons te doen het; hoe ons sy vestings in ons lewe kan raaksien; hoe spesifieke vestings in ons lewe ontstaan en funksioneer, en hoe om elke dag in oorwinning te leef. Dit beklemtoon ook die belangrikheid van God se wapenrusting, die krag van gebed en om jouself daagliks opnuut aan God te wy.

         Elke hoofstuk bevat verskeie Skrifgegronde gebede wat handel oor die onderwerp onder bespreking. Daardeur kan lesers hul gedagtes as’t ware verruil vir God s’n, só hul denke vernuwe en as ʼn oorwinnaar kan leef in die stryd teen die Bose.  Hierdie boek het oorspronklik in 2004 verskyn onder die titel, Meer as oorwinnaars.

    Oor die Outeur

    Nina Smit is bekend vir haar talle dagboeke, kinderboeke en boeke vir vroue oor verskeie onderwerpe. Haar jongste publikasies sluit in Omvou my met U liefde, Here, Leef in sy lig en Genade vir elke dag. Sy is getroud met Johan Smit. Hulle is die ouers van drie volwasse kinders, en woon tans in Somerset-Wes.