Wenners Vir Jesus (Sagteband)

    Wenners Vir Jesus (Sagteband)

    Johan Smith & Helena Smith
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R169.95

    101 dagstukke wat kinders tussen agt en 12 uitdaag om ’n verskil in die wêreld te maak.

    God het ’n hart wat brand van liefde vir kinders. Hy het hulle innig lief. So jonk as wat hulle is, het elkeen van hulle ook ’n plek en ’n doel op aarde. Hulle is net so bruikbaar soos volwassenes.

    In Wenners vir Jesus nooi Johan en Helena Smith elke laerskoler om op hierdie avontuur saam met hulle te gaan. Deur 101 kort en kragtige dagstukke sal hulle meer leer oor God en hoe Hy wil hê sy kinders moet leef. Want ons is nie hier om net te wag vir Hom om weer te kom nie; ons is hier om saam sterk te staan en vir ander te wýs hoe lyk Jesus. 

    Laerskolers tussen 8 en 12 jaar word in Wenners vir Jesus uitgedaag om ’n verskil in die wêreld te gaan maak met praktiese voorstelle en persoonlike nadink-vrae.

     

    Oor Die Outeur

    Johan Smith is ’n skrywer, prediker en spreker. Sy nie-winsgewende maatskappy, VitaAmp (www.vitaamp.org), fokus op bediening aan die jeug, onderwysers, skoolhoofde, predikante, ouers en gewone lidmate. Johan kan gekontak word by [email protected] Sy vrou, Helena Smith, is ’n laerskoolonderwyser en het vir vier jaar voltyds vir die VCSV gewerk in laerskoolbediening. Johan en Helena is albei opgeleide kinderevangeliste. Hulle het ’n paar boeke saam geskryf en het drie kinders: Louise, Dirk en Marli.