My Tyd Met God (Hardeband)

    My Tyd Met God (Hardeband)

    Joyce Meyer
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R200.00

    Met hierdie kragtige dagstukkieboek bied Joyce Meyer ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring.

    Die daaglikse lewe kan uitdagend wees; ons aandag word maklik afgelei deur soveel dinge wat belangrik lyk. Maar om die lewe te leef wat God vir jou beplan het, moet jy tyd maak vir dit wat die belangrikste is, en die fondament van ’n vervulde lewe – jou verhouding met Hom.

         Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm My tyd met God, 365 dagstukkies wat die leser intieme insig gee in Joyce se geestelike reis.

         Met hierdie boek bied sy ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring. Die dagstukkies bevat oordenkings wat spruit uit Joyce se lewe, opbouende verklarings en relevante Skrifgedeeltes om groter nabyheid met God aan te moedig. Die Bybelverse en persoonlike stories wat sy deel sal jou help om groter vreugde en vrede te ervaar danksy jou spesiale tyd met God. Jy sal meer doeltreffend deur die lewe kan gaan, beter besluite kan neem en die wonderlike lewe wat jy bestem was om te hê, vir jouself toeëien.

    Oor die Outeur

    Joyce Meyer is een van die wêreld se voorste predikers en is ’n kenner op verskeie gebiede wat fokus op emosies, houdings en gemoedstoestande. Sy het ongeveer ’n honderd boeke geskryf wat in meer as ’n honderd tale vertaal is. Joyce borg ook Hand of Hope, ’n welsynsorganisasie wat fondse skenk aan weeshuise en mediese sorg bied vir minder bevoorregtes. Haar topverkopers sluit in Wen die stryd in jou gedagtes, Ontwaak met die Woord en Gryp die dag.