10 Minuut Oordenkings Spreuke (Hardeband)

    10 Minuut Oordenkings Spreuke (Hardeband)

    Zondervan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R59.95

    Die boek Spreuke is deel van ’n kategorie van die Bybel waarna teoloë verwys as die “wysheidsliteratuur” van die Ou Testament. Die doel van hierdie boek is om lesers te help om die Here se wysheid te verkry en dit in hul alledaagse lewe toe te pas. Die woorde “wys” en “wysheid” verskyn minstens 75 keer in Spreuke.1 Die boek is hoofsaaklik deur

    Salomo geskryf, maar daar is ook bydraes deur Agur en koning Lemuel. Ons behoort nie verbaas te wees dat Salomo die hoofskrywer van Spreuke is nie. Die Here het immers sy versoek vir wysheid toegestaan en hom die man met die meeste wysheid ooit in Israel gemaak (sien 1 Konings 3). Dit is juis Salomo se kort en kragtige sêgoed in hoofstuk 10–31 waarmee die meeste van ons identifiseer wanneer ons dink aan “spreuke”.2

    Die waarhede wat in Spreuke gevind word, spreek verskeie aspekte van die lewe aan, onder meer gesonde verhoudings, hoe om geld te hanteer, probleme te vermy, versoekings te weerstaan, ons gevoelens te bestuur, met selfbeheersing te praat, ’n gelukkige tuiste te verseker en ’n Godvresende karakter te bou.3 Die meeste van ons wil graag suksesvol wees in al hierdie aspekte van ons lewe. Nie een van ons wil dwaas wees nie, maar ons sondige aard veroorsaak dat dit moeilik is om goeie besluite te neem. In Spreuke leer ons hoe ons wysheid in ons alledaagse lewe kan bekom terwyl ons in verhouding met Jesus Christus staan. Slegs wanneer ons verhouding met God herstel is danksy Christus se bemiddeling, kan ons met wysheid lewe.