10 Minuut Oordenkings Psalms (Hardeband)

    10 Minuut Oordenkings Psalms (Hardeband)

    Zondervan
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R59.95

    Psalms is ’n versameling gebede, gedigte en liedere wat fokus op die gelowige se gedagtes oor die verheerliking van God en die verlustiging in sy Woord. Die versameling bevat skryfwerk van ten minste ses outeurs.1 Dawid het waarskynlik ongeveer 73 psalms geskryf, wat hom die vernaamste bydraer maak.2 Psalms gee ons ’n kykie in die ongelooflike lewe van Dawid, ’n man en koning na God se hart. Die psalms is intiem persoonlik en raak die hele spektrum menslike emosies aan: van diep ellende tot ekstatiese vreugde; van hunkering na wraak tot ’n gees van nederigheid en vergifnis; van ywerige pleidooie vir God se beskerming tot jubelende lof vir sy redding. Dwarsdeur die hele boek Psalms spreek die skrywers egter hul ongestoorde vertroue uit in God se leiding en voorsiening.

    Die psalms lê soveel mense na aan die hart en word deur soveel mense gememoriseer omdat hulle so nou aansluit by die lewe se belangrikste kwessies. Ons wil graag seker wees van God se teenwoordigheid in ons daaglikse lewe en leer om God te prys ongeag ons omstandighede. Psalms is ’n toevlugsoord waar ons vrae en geestelike hunkeringe erken kan word – ’n plek waar ons herinner word aan God se soewereiniteit en genade.