Laat Daar Lig Wees (Sagteband)

    Laat Daar Lig Wees (Sagteband)

    Gawie Pistorius
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R230.00

    Dit is ‘n praktiese gids, gebaseer op die Apostoliese Geloofsbelydenis, tot geloofsekerheid en antwoorde op geloofsvrae in ‘n post-moderne sekulêre wêreld.

    ‘Laat daar lig wees’ is ‘n gids tot geloofsekerheid en ‘n handleiding tot die praktiese uitlewing daarvan. Dit verskaf nuwe en vars perspektiewe oor talle geloofsvrae van ons tyd, soos onder andere die stryd tussen geloof en wetenskap, die skepping (ses dae, of 15 miljard jaar), evolusie, uitverkiesing, die maagdelike geboorte en hemelvaart van Jesus, en veel meer. Dit is gebaseer op die Twaalf Artikels van die Apostoliese Geloofsbelydenis, en dek dus die volle geloofspektrum. Ten spyte van verwysings na wetenskaplike en teologiese bronne, is dit geskryf in ‘n maklik-verstaanbare gesprekstaal. Dit is ‘n boek wat elke mens – gelowig of nie-gelowig – moet lees.

     

    Oor die Outeur

     

     Gawie Pistorius is ‘n emeritus-professor in Huisartskunde. Hy het vir bykans 20 jaar algemene huisartspraktyk bedryf, en was van 1978 to 2000 Stigtershoof van die Departement Huisartskunde aan die Fakulteit van Geneeskunde, Universiteit van die Vrystaat. Gedurende sy loopbaan in die private parktyk, asook in die akademiese opset, het hy by talle geleenthede op uitnodiging groepe en verenigings toegespreek oor verskillende onderwerpe. Aspekte van geloof en godsdiens, en veral die kwessies rakende wetenskap en geloof, was baie dikwels aangespreek. Hierdie ondervinding, asook sy eie absolute geloofsoortuiging, was die dryfveer om hierdie boek die lig te sien.