Kweek Kinders Met Karakter (Sagteband)

    Kweek Kinders Met Karakter (Sagteband)

    Hettie Brittz
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R199.00

    R159.20

    Dié handleiding is spesiaal hersien vir besige ma’s. Slegs die kernfeite en belangrikste aspekte is behou sodat jy in jou besige program tyd kan kry om die beste ouer moontlik te wees.

         Kinders se “handleiding” is in ‘n groot mate in hulle unieke temperament opgeskryf. Hierdie boek leer ouers hoe om elke kind s’n te volg – in ‘n japtrap.

         Wil jy weet …

    ·         Hoe om jou jong boompies te buig dat hulle nie knak nie?

    ·         Waarom ‘n straf vir een kind werk maar nie vir ander nie?

    ·         Waarop om jou ouerskapinsette vir elke kind te fokus sodat jy met jou beperkte tyd die grootste impak kan maak?

    ·         Hoe om jou kind se “boomtaal” te praat en verstaan?

    ·         Hoe om jou kind se emosies, wangedrag, behoeftes en selfs prestasies reg te hanteer sodat sy/hy ‘n kind met karakter kan wees?

         Dan is dié praktiese boek vir jou bedoel!