Kweek Karaktervolle Kinders (Sagteband)

    Kweek Karaktervolle Kinders (Sagteband)

    Henry Cloud & John Townsend
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    Wat die bekroonde boek, Boundaries, vir volwasse verhoudings gedoen het, sal hierdie afgeleide produk, Kweek karaktervolle kinders, vir jou en jou kinders doen. Hier is die hulpmiddel wat jy nodig het om jou kinder só groot te maak dat hulle verantwoordelikheid vir hul aksies, houdings en emosies sal neem. Drs. Henry Cloud en John Townsend, skrywers van die internasionale topverkoper, Boundaries, neem jou op ’n reis deur al die binnewerke van hoe om die soort karakter by jou kinders te kweek wat hulle in staat sal stel om gebalanseerde, produktiewe en vervulde lewens as volwassenes te lei.

         Leer hoe om:

         • Perke te stel en steeds ’n liefdevolle ouer te bly

         • Beheer te herstel in jou gesinslewe wat buite beheer geraak het

         • Die tien wette van grense op ouerskap toe te pas

         • Gepaste grense en gevolge in te stel vir jou kinders

         • Die grense-kwessie te herken wat onderliggend is aan kinders se gedragsprobleme

         • Te ontsnap uit die lokval van knaendheid• Op te hou om jou kinders te beheer, en hulle te help om selfbeheersing te leer

         • Ses praktiese stappe toe te pas om gesonde grense vir jou kinders te stel

         Wil jy ’n mooi prentjie van ’n gelukkige toekoms vir jou kinders skets? Begin dan vandag die streep trek en laat jou kinders blom.

     

    Oor die Outeurs

     

         Dr. Henry Cloud is ’n gewilde skrywer, sielkundige, radio-aanbieder en die mede-stigter van Cloud/Townsend Resources. Hy bedryf ’n private praktyk in Kalifornië en al verskeie topverkoperboeke saam met dr. John Townsend geskryf, waaronder die bekroonde Boundaries, Boundaries in Marriage, The Mom Factor, Boundaries with Teens, God gee die deurbraak en Grense mens tot mens. Ander boeke uit dr. Cloud se pen sluit in Nooit weer nie en Die geheimenisse van God.

         Dr. John Townsend is ’n gewilde skrywer, sielkundige, radio-aanbieder en die mede-stigter van Cloud/ Townsend Communications. Hy bedryf ’n private praktyk in Kalifornië en al verskeie topverkoperboeke saam met dr. John Townsend geskryf. Ander boeke uit dr. Townsend se pen sluit in Leef in liefde, Lei met intuïsie en Waar is God?