Kry Styl-Jesus S'n! (Sagteband)

    Kry Styl-Jesus S'n! (Sagteband)

    Stephan Joubert
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 21 working days
    R190.00

    Jesus het regtig bedoel dat sy dissiples ‘n genesende impak op die samelewing moet hê. So het Hyself dit laat gebeur, en so het die vroegste Christene Hom agternageleef. Die uitdaging voor ons is hoe ons almal vir die Here kan bereik. En hoe ons dit gaan regkry op stylvolle manière, manière wat ander mense nie afskrik nie, wat mense van God se liefde en omgee oortuig. Ons uitdaging is om vars en nuut te dink oor die stylvolle agternaleef en uitleef van ons geloof. Maar denke alleen gaan ons nie daar kry nie. Nuwe inligting gaan on sook nie genoegsaam verander nie. Ons kort ‘n nuwe styl, Jesus s’n. Ons moet weet wat om te doen e nook wanneer om dit te doen. Ook hoe om ander hartroetes na te streef, roetes wat weer die wêreld rondom ons se verbeelding sal aangryp. Indien ons ons geloof stylvol wil beleef en uitleef, moet ons maar as net goeioe tydlesers wees. Ons moet Jesus-Lesers wees, mense wat vir Jesus reg aanvoel en verstaan. Dan kan ons stylvolle geloofdelers wees.

    Oor die Outeur

    Stephan Joubert is ‘n teoloog, bekroonde skrywer, prediker en ‘n gesinsman. Hy is hoof van ekerk en ‘n buitengewone professor by verskeie universiteite. Hy skryf rubrieke in Beeld en JUIG!Die Boodskap, saam met Jan van der Watt, is een van die mylpale in sy lewe. Stephan het al meer as 55 titels uitgegee en meer as 200 000 boeke verkoop.