Kruispad Vir Kara (Sagteband)

    Kruispad Vir Kara (Sagteband)

    Helene De Kock
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R189.95

    Wat – of wie – gaan die pragtige Kara Geertse help staande bly wanneer haar lewe van koers af gedwing word?

     Die pragtige Kara Geertse is Tukkies se joolprinses met die wêreld aan haar voete en die sterre van ’n blink toekoms in haar oë. Sy laat oral die koppe draai, veral dié van die sjarmante Jannes Conradie.

    Die lewe is ’n lied ... totdat Kara onverwags voor ’n kruispad te staan kom wat haar lewe heeltemal van koers af dwing. Wat – of wie – gaan haar veilig deur hierdie doolhof lei en haar help om die waarheid oor haarself en die lewe uit te pluis?

    Kruispad vir Kara is ’n hartroerende, opwindende liefdesverhaal uit die pen van die immergewilde en ervare skrywer Helene de Kock. Dit sal jou weer hoop vir die lewe en vir die liefde gee.

     Oor die outeur

    Dr. Helene de Kock is getroud met dr. Jos de Kock. Hulle het drie kinders, Jaco, Herman en Sylvia. Jaco is in 2004 oorlede, maar hulle het die troos om te weet dat hy by God woon. Helene is ’n bekende skrywer en haar skryfwerk dek ’n wye spektrum genres. Sy het ’n Meestersgraad in Afrikaans en Nederlands en ’n PhD in Skryfkuns. Besoek www.helenedekock.com