Kragtige Kerkgroei (Sagteband)

    Kragtige Kerkgroei (Sagteband)

    Dirkie Van Der Spuy & Ander
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours

    R139.95

    R111.96

    Om ’n leier te wees, is nie ’n taak wat net aan ’n uitgelese groep opgedra word nie.

    God roep elkeen om in sekere situasies verantwoordelikheid te neem. Om ’n leier in die kerk te wees, stel egter dikwels sy eie uitdagings, en dit is waar Kragtige kerkgroei inkom.

    Hierdie boek gee vir leiers leiding oor spanwerk, die voorbeeld wat jy stel, transformasie, en vele meer. Dit gee ook raad aan gemeentelede oor hoe hulle hulle leraar kan ondersteun in sy of haar taak. Die hoofstukke sluit af met besprekingsvrae om die beginsels prakties te bespreek en uit te voer.

    Kragtige kerkgroei, wat ook persoonlike getuienisse van kerkgroei bevat, sal gemeenteleiers sowel as gemeentelede toerus om saam te werk tot God se eer en verheerliking.

    Oor die Outeur

    Dirkie van der Spuy is die outeur van verskeie boeke, hy was leierpredikant van Moreletapark gemeente vir 25 jaar en is tans die uitvoerende direkteur van die Moreletapark Assosiasie (MPA). Die MPA fokus op die ondersteuning en opbou van leiers en gemeentes. Hierdie nie-winsgewende organisasie se visie is om te help om groeiende dinamiese kerkgemeenskappe in Suid-Afrika en oor die hele wêreld tot stand te laat kom.