Jy Is Kosbaarder As Korale (Hardeband)

    Jy Is Kosbaarder As Korale (Hardeband)

    Karen Moore
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R179.95

    366 oordenkings van hoop en bemoediging vir mense wat smag na God se lewende water.

     

    Vir elke vrou wat wonder oor haar waarde, het Karen Moore goeie nuus: Jy is vir God kosbaarder as korale!

    Wanneer ’n vrou nadink oor die waarde wat sy in die wêreld het, dink sy dalk aan haar finansiële wel­stand of haar waarde vir ’n maatskappy in terme van die werk wat sy doen, of haar waarde vir haar gesin. Jy is kosbaarder as korale kom bevestig: Die groot­ste waarde gaan nie oor wat ander mense van ’n vrou dink of wat sy vir ’n lewe doen nie. ’n Vrou se grootste waarde lê daarin om te weet dat God haar liefhet en dat Hy heeltyd aan haar dink. En as God heeltyd aan ’n mens dink, stel jou voor hoe kosbaar jy dan vir Hom moet wees.

    Die 366 volkleur-oordenkings in Jy is kosbaarder as korale sal elke vrou opnuut herinner aan haar waar­de voor God – dat sy onmeetlik kosbaar is vir Hom.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel You Are Worth More Than Rubies

     

    Oor die outeur

    Karen Moore het al meer as 60 boeke vir volwassenes en kinders geskryf. Sy het ’n MA in Opvoedkunde en is ook ’n onder­wyser, spreker en ma van drie volwasse kinders. Karen woon tans in Florida, VSA.