Koning Se Wingerd (Sagteband)

    Koning Se Wingerd (Sagteband)

    F A Venter
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R250.00

    Een van die mees aangrypende hoofstukke in die Bybelse geskiedenis word in hierdie klassieke topverkoper meevoerend vertel.

         F.A. Venter herskep die bewind van Agab met die gesag en oortuiging van iemand wat diep nagevors en nagedink het. Hy toon Agab as ’n man wat verslinger word tussen die ou Israelitiese waardes en die afvalligheid van sy tyd, waarin sy heidense vrou, Isebel, ’n leidende rol speel. Teenoor Isebel staan die skraal profetiese figuur van Elia. Maar die verhaal is ook die verhaal van Nabot, godvresend, maar nie bereid om te erken dat God die God van alle mense is nie. En van die liefde van Nabot se seun Johanan vir Ada, die dogter van hul heidense dienskneg. Ook die belangrikheid van Johanan in God se plan om Israel te verlos van Agab se slegte regering.

         Die skrywer slaag daarin om die botsende magte so teenoor mekaar op te stel, en met fyn besonderhede die vervloë atmosfeer so onmiddellik op te roep, dat dit vir die leser ’n suiwerende belewenis word.

     

    OOR DIE OUTEUR

     

    F.A. Venter was bekend vir sy geskiedkundige romans, kortverhale en jeugboeke. Hy het die Hertzogprys vir prosa gekry vir Swart pelgrim en Geknelde land, en die Andrew Murray-prys vir sy outobiografie, Die keer toe ek my naam vergeet het.