Laat Sy Liefde Jou Lei (Sagteband)

    Laat Sy Liefde Jou Lei (Sagteband)

    Milanie Vosloo
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R119.95

    Word in 366 dae stil by God se voete en ervaar geloof, hoop en liefde.

     

    Laat sy liefde jou lei deur topverkoper-outeur Milanie Vosloo is geskryf vir vroue wat weet dat die lewe, hulle self en ander nie perfek is nie, maar wat steeds in die liefde glo. Die dagstukke gee vir ’n mens die versekering: Wat ook al jou drome en ideale is, waar jy jou ook al op die lewenspad bevind, die liefde sal jou lei.

    Dié dagboek bevat 365 besielende oordenkings vir vroue wat fokus op die positiewe wat ’n mens kry uit ’n liefde-lewe. Dit sluit temas in soos: die liefde leef met hoop, die liefde ken dankbaarheid en die liefde glo die beste.

    In Laat sy liefde jou lei nooi Milanie Vosloo lesers om saam met haar op die pad van die liefde te stap in 365 oordenkings, die waarhede van die Skrif-oor­den­kings te lees en te oordink, dit op hul eie lewe toe te pas en die vreugde wat hulle gaan put uit hul nuut­gevonde liefde vir God, hulself en die mense om hulle te geniet. Maak nie saak wat die vraag is nie, liefde is die antwoord.

     

    Oor die outeur

    Milanie Vosloo is ’n topverkoper-outeur wat deur haar boeke al duisende vroue se lewens verander het. Met haar eerlike manier kry sy dit reg om die hart en siel van haar lesers te raak ... hulle te inspireer en aan hulle hoop te bring. Jy sal vind dat Milanie se woorde jou hart raak omdat sy met opregtheid en wys­heid haar lewensondervinding as suksesvolle sakevrou, skrywer, ma en vriendin met jou deel.