Kinders Van Die Bybel (Hardeband)

    Kinders Van Die Bybel (Hardeband)

    Wendy Maartens
    Free National Shipping on Orders over R450!
    Dispatch within 24 working hours
    R139.95

    19 Bybelstories oor kinders van die Bybel wat God se plan vir hulle lewe geleef het.

     

    Die kinders in die Bybel was doodgewone kinders. Party was gehoorsaam en dapper. Ander was bang en alleen. Maar God het ’n spesiale plan met elk­een se lewe gehad.

    Kinders van die Bybel bied 19 treffende stories deur Wendy Maartens en stel kinders bekend aan bekende kinders in die Bybel soos Josef met sy veelkleurige jas, Moses in die mandjie, Simson met sy lang hare en die spesiale Baba Jesus.

    Aan die einde van Kinders van die Bybel sluit Wendy af met leidende vrae wat kinders kan gebruik om hulle eie storie neer te skryf. Dit is die ideale Bybelstorieboek vir klein hartjies.

     

    Ook beskikbaar in Engels onder die titel Children of the Bible.

     

    Oor die outeurs

     

    Wendy Maartens is ’n joernalis, vertaler en be­kroonde kinderboekskrywer met meer as 15 titels agter haar naam waarvan sommige in in­heemse tale vertaal is. 22 jaar se gr. 3’s uit onder andere Cloetes­ville, La Colline en Kaya­mandi op Stellenbosch het haar voorberei om te doen waarvan sy nog altyd gedroom het ... om haar brood met woorde te ver­dien. Wendy het veral ’n passie vir Suid-Afrikaanse legendes, en verhale wat kinders in moeilike sosio-ekono­miese omstandighede help om hulleself te be­magtig.

     

    Catherine Groenewald het kuns studeer aan die PJ Olivier Kunsskool in Stellenbosch waarna sy mode-ontwerp gaan doen het. In 2004 is sy aangewys as een van die wenners in Sappi se nasionale kompeti­sie vir boekillustreerders/-skry­wers. Catherine bly in Stellen­bosch saam met haar man, drie kinders, ʼn klompie koeie, hoenders en hulle getroue honde.